Oor Ons
So bietjie agtergrond:
Ek is 'n gekwalifiseerde onderwyser met 30+ jaar ondervinding in die onderwys van Natuurlike Wetenskappe, Tegnologie en Wiskunde vir kinders in graad 4 tot 9.
My leerders het vir verskeie kompetisies ingeskryf soos olimpiades, Sasol Expo's en Eskom wetenskap uitstallings en met menige wenpryse weggestap.
My passie:
Ek is passievol oor wetenskap en die natuur en wil graag hierdie wonderlike wêreld op 'n prettige manier aan jong kinders, met hulle natuurlike nuuskierigheid en drang om te ondersoek, bekend stel.
My kwalifikasies:
BSc, Hoër Onderwys Diploma, B.Ed (hons)
SACE nr. 300770 (South African Council for Educators)
Wat ons doen
- Ons besoek voorskoolsentrums en laerskole (2 tot 20 per groep).
- Buitemuurse aktiwiteite na skool.
- Wetenskap-gebaseerde verjaarsdag partytjies wat hulle besig hou en 'n "wow" uitlok.
- Saterdag werkwinkels.
Hoe ons dit doen
- Ons verskaf alles, tafels, stoele en tafeldoeke.
- Elke kind werk op sy/haar eie navorsingstasie
- Daar sal volwasse toesighouding en individuel.e bystand wees te alle tye.
- Alle bestandele, toerusting en modelle vir die aktiwiteite word voorsien.
- Ons aktiwiteite is veilig, maar as ekstra voorsorg, word elke kind toegerus met veiligheidsbrille laboratorium jasse/voorskote vir die beskerming van oë en klere.
- Fotos van die kinders met prettige wetenskap agtergrond, is beskikbaar op versoek.